Hi everyone!Its only been a short while since I met this fun loving couple and I can't believe that their special day has already arrived. As I got my kit ready yesterday I was thinking back to their pre-wedding session only a few weeks ago and I can recall how much fun we had taking a few shots while strolling the venue to scout for spots to shoot their wedding portraits. I am super excited for Anneri and Morne and just know we are going to have so much fun today and from what I have seen they will be a picture perfect couple! I can't wait to see everything come together! See you at the venue!MarilizeHi Friends,A few weeks ago I met with Andre de Villiers to get some more information regarding the premarital contract and why it is important. When I got married I had no idea why it was important and figured that I trust my husband and I don’t plan on getting divorced, so why do a contract? Only after we started looking for a house and myself deciding to start my own business we realised that the contract was not to just protect us from each other, but to protect each other should one of us have financial difficulties. Andre was so kind to share an article he wrote for a local newspaper to give us some more information on why a contract is important and what you should look out for when drawing up your own premarital contract. Of course we have something special from his side to all my clients and readers, so stay tuned! I apologize to my English readers the rest of the post will be in Afrikaans, but you are welcome to check out his website and give him a call should you need any information Vanaf die REGSTAFEL - Versigtig vir die huwelik sonder ‘n kontrak Somermaande is hoogseisoen vir troues. As Prokureur, is dit altyd vir my interessant hoeveel paartjies wat op trou staan by Prokureurs se kantore instorm (selfs ‘n dag voor die troue!) en ‘n “huwelikskontrak” wil hê – maar watter een? Hierdie is gewis een van die belangrikste kontrakte wat enige mens in sy/haar lewe sal aangaan. Die gevolge van hierdie kontrak word dikwels eers duidelik by egskeiding of dood van ‘n gade (dink aan boedelbelasting). Die belangrikste konsep om te begryp met hierdie kontrak is: Sonder ‘n kontrak, veroorsaak ‘n huweliksbevestiging dat een gesamentlike boedel ontstaan (al die man en vrou se bates en laste word saam in een “mandjie” gegooi). Daarteenoor, sal die sluit van ‘n kontrak twee boedels te weeg bring. Laasgenoemde bied die voordeel dat gades beskerm word teen mekaar se skuldeisers en onnodige boedelbelasting in sekere gevalle. Die huwelikspartye sal ook onbeperk kan kontrakteer, anders as by die huwelik binne gemeenskap van goed. Die toepassing van die aanwasbedeling (“ons wil trou met aanwas”) kan maklik deur die volgende geillustreer word: Gestel Jannie en Sannie se huwelik beëindig en hulle was “met aanwas” getroud. Jannie was voor die huwelik R1miljoen sterk en Sannie R3 miljoen. Jannie se afsonderlike boedel het tydens die huwelik vergroot met R 0.5 miljoen en Sannie s’n met R5 miljoen. Wie kan wat eis? Jannie het ‘n aanwas-eis teen Sannie van R2.5 miljoen en Sannie kan R0.25 miljoen van Jannie se aanwas eis. Jannie en Sannie is dus na die hierdie tipe huwelik onderskeidelik R3.75 miljoen en R5.75 miljoen sterk. Sou hulle sonder aanwas getrou het, was Jannie op R1.5 miljoen en Sannie op R8 miljoen. As hulle nie ‘n kontrak gehad het nie, was hulle beide op R4.75miljoen. Dit is krities belangrik dat huweliksvoorwaardekontrakte opgestel word na deegelike konsultasie voor huweliksluiting, met ‘n prokureur wat hierin praktiseer synde die meriete van elke geval juridies oorweeg behoort te word. André de Villiers is ‘n Praktiserende Prokureur by die Firma André de Villiers Prokureurs en praktiseer in sake wat Families en Besighede raak. |
AuthorI Love... Archives
September 2019
Categories
All
|